Wynand Strydom – Katrina (Dis ‘N Manne Ding) - [shop_name]

Wynand Strydom – Katrina (Dis ‘N Manne Ding)

Hier is die gruisstemsanger Wynand Strydom se eerste solo- album in vier jaar! Dit is ‘n aangename, luisterryke musiek-ervaring. Sy getroue aanhangers sal suiwer country-genot hieruit put en musiekliefhebbers wat die eerste meer aan sy talent bekend gestel word, sal sy rustige vertolkstyl  en luisterliedjie-aanslag waardeer. Die album heet Katrina: dis ʼn manneding.

“Die idee vir dié album het tussen my en die bobaasstorieverteller Alan Hughes, wat ook hierop Langebaan woon. Ons wou graag ʼn album maak wat oorspronklik gemik was op manne-aande. Ek het ‘n lys songs bymekaar gemaak wat altyd goed werk by dié geleenthede. Ons het ook besluit om ‘n redelike informele te maak – met egte Weskusstories wat as ‘n bonus-CD beskikbaar is,” vertel Wynand.

Daar is ikoniese ode-liedere aan vroue, soos bekend gemaak  deur Kenny Rogers, Don Williams, Kris Kristofferson en Niel Diamond. Met The Gambler, Lucille,  It Must be Love, I Recall a Gypsy Woman, Forever in Blue Jeans, Some Broken Hearts Never Mend, You’re My Best Friend en Me and Bobby McGee – eiesoortig deur Wynand gepoets.  Tussen die ander juwele is tydlose liedjies deur van die land se beste liedjieskrywers: David Kramer se Hanne, Anton Goosen se Silver de Lange, Koos Kombuis se Lisa se Klavier, Steve Hofmeyr se Agter elke man – en, oudergewoonte, ‘n tydlose luisterliedjie deur Koos du Plessis: dié keer Koue Vuur.

‘n Gewisse hoogtepunt is Wynand se innige vertolking van Worsie Visser se destydse treffer, Strandfontein (Jou liefde is vir my ‘n vreemde wentelbaan). En dan verras Wynand met sy eerste komiese tong-in-die-kies-liedjie: Piet Byleveld; ‘n heerlike ode aan dié legendariese speurder.  Dit is die enigste nuutgeskrewe liedjie op die album, uit die pen van die nuweling-regisseur Ruan Theron, wat ook die produksie behartig het en sy stem in duet aan dié snit verleen het.

En dan doen Wynand twee treffers wat Anton Myburgh geskryf het: Deur die Straights en, natuurlik, Katrina. Ook met ‘n sonderlinge akoestiese balladebenadering. Ruan bespeel ook die meeste van die instrumente, met aanvullende werk deur Ricus Nel se konsertina en baskitaar en Vinnie Henrico se tromme. Die opnames is onder die kritiese oor van die sangeres Chereé (Wynand se vrou) by hul ateljee Finetune Studios op Langebaan gedoen.

Wynand Strydom se gruisstem rasper emosies met ikoniese  internasionale country-treffers en tydlose Afrikaanse luisterliedjies!

Terug na die blog

Lewer kommentaar

Neem asseblief kennis dat kommentaar goedgekeur moet word voordat dit gepubliseer word.