Juan Boucher – Twaalf Rondtes - [shop_name]

Juan Boucher – Twaalf Rondtes

Juan Boucher - Twaalf RondtesJuan Boucher is lankal nie meer ‘n naam wat jy nie ken nie. Hierdie goueplaat-bekroonde sanger en liedjieskrywer het homself in ons volk se harte ingesing en sy rasperstem lei die melodieë wat ‘n boer op sy plaas neurie tot die jongmense naweek na naweek vashou aan die dansvloer erens in ons land. Hy het die musiekbedryf oorrompel met sy albums 082, Jy’s my Flavour, Gee jou hart ‘n breek, Kalm voor die storm, ens. “Om ‘n sanger te wees is nie ‘n keuse nie; dit word vir jou gegee deur genade” glo Juan. Met hierdie uitkyk op sy loopbaan skryf hy treffer na treffer en trap sy bakkie die land se paaie plat om sy goedvoel musiek na die warm harte van sy aanhangers te neem.


Hy is terug met ‘n splinternuwe album, Twaalf Rondtes, wat styf gepak is met die een oorspronklike liedjie op die ander wat nie gaan teleurstel nie. Juan weet nou al wat sy aanhangers se harte laat warm klop, en met hierdie album gee hy net meer en meer wat sy hulle vra. Met ONS HET DIT GEBOU maak Juan die album oop met sy warm praatstem wat jou dadelik laat besef hierdie man verstaan die emosie van die liefde. ‘n Liedjie wat ‘n groot treffer alreeds is, is ONS WORD EEN.

WHISKY EN JY, DEEL JOU DROME MET MY, DIE SPROKIE en nog vele meer is almal liedjies wat jou weer laat glo in die liefde, die langpad gaan kort maak; jou laat nadink, maar as die meel gestrooi word, jy nie anders kan om dansbaan se ringting toe te beweeg nie! Juan Boucher het die resep vervolmaak om elke aspek van die vreugde van voluit lewe te bedien. Juis hierdie wat maak dat hy geliefd is onder oud en jonk!

Met Twaalf Rondtes bou Juan voort op sy wenresep van Pop-Rock en beloof om sy beste werk nog te wees. Weereens agter die stuur van die produksie was die befaamde Tertius Human wat teen die tyd al Juan Boucher se sinne- en akkoorde kan klaarmaak. ‘n Wenspan met ‘n wenalbum.

Een van sy snitte is, CHARL HOE LAAT GAAN JY SLAAP, maar los maar vir Charl; want met hierdie album gaan jy beslis nie vroeg in die bed kom nie!

Of dit nou Twaalf Rondtes om die dansbaan is of Twaalf Rondtes Kaap-toe-en-terug is, Juan Boucher gaan jou voete en wiele vashou waar hulle hoort!

Terug na die blog

Lewer kommentaar

Neem asseblief kennis dat kommentaar goedgekeur moet word voordat dit gepubliseer word.